Wanneer 'n kat in 'n ongeluk betrokke was, of in 'n bakleiery, of as hy net nie eet soos gewoonlik nie of net anders optree as gewoonlik, is dit die beste om hom na 'n veearts te neem, as die kat se toestand ernstig is.
'n Kat wat seergekry het of bang is, mag byt of krap, so dit is beter om nie skielike of vinigge bewegings naby so 'n kat te maak nie. As jy die kat moet optel, is dit beter om hom in 'n handdoek toe te draai. Jy moet ook die kat in 'n doos of katdraer sit, wat nie kan oopmaak nie, sodat die kat nie kan uitkom tydens die motorrit na die veearts nie. Indien jy die kat op 'n draagbaar moet dra, as gevolg van gebreekte bene in sy liggaam, kan jy 'n plank of selfs 'n handdoek gebruik, wat deur twee persone vasgehou word, maar dit moet nie te veel beweeg word nie.
As die kat geringe byt of krapplekke het, kan jy "betadine" salf daarop sit. Dit help en is geensins skadelik vir die kat nie. Indien 'n kat verkoue of grieperig is, kan jy "vicks" op 'n lappie om sy nek sit, maar as dit vererger, moet jy die kat na die veearts neem.
In geval 'n kat verstik, kan jy probeer om die kat te laat opgooi, deur jou vinger in sy keel te druk. Wees versigtig dat die kat nie jou byt as jy hom probeer help om op te gooi nie. Jy kan ook die kat 'n ferme hou op sy rug, net agter sy nek gee.
No comments:
Post a Comment