Sunday 29 September 2013

Basiese noodhulp vir katte - Basic First Aid for cats

Wanneer 'n kat in 'n ongeluk betrokke was, of in 'n bakleiery, of as hy net nie eet soos gewoonlik nie of net anders optree as gewoonlik, is dit die beste om hom na 'n veearts te neem, as die kat se toestand ernstig is.

'n Kat wat seergekry het of bang is, mag byt of krap, so dit is beter om nie skielike of vinigge bewegings naby so 'n kat te maak nie. As jy die kat moet optel, is dit beter om hom in 'n handdoek toe te draai. Jy moet ook die kat in 'n doos of katdraer sit, wat nie kan oopmaak nie, sodat die kat nie kan uitkom tydens die motorrit na die veearts nie. Indien jy die kat op 'n draagbaar moet dra, as gevolg van gebreekte bene in sy liggaam, kan jy 'n plank of selfs 'n handdoek gebruik, wat deur twee persone vasgehou word, maar dit moet nie te veel beweeg word nie.

As die kat geringe byt of krapplekke het, kan jy "betadine" salf daarop sit. Dit help en is geensins skadelik vir die kat nie. Indien 'n kat verkoue of grieperig is, kan jy "vicks" op 'n lappie om sy nek sit, maar as dit vererger, moet jy die kat na die veearts neem.

In geval 'n kat verstik, kan jy probeer om die kat te laat opgooi, deur jou vinger in sy keel te druk. Wees versigtig dat die kat nie jou byt as jy hom probeer help om op te gooi nie. Jy kan ook die kat 'n ferme hou op sy rug, net agter sy nek gee.

Friday 13 September 2013

Bitter en soet gemeng | Bittersweet

Eendag, in 2008, toe ek af siek was van die skool, het ek 'n miaau geluid gehoor, terwyl ek in die bed gelê het. Die geluid was so aanhoudend en deurdringend, dat ek besluit het om ondersoek in te stel. Ek het oral gekyk, maar kon niks sien nie en die geluid het ook gestop. Sodra ek ingegaan het, het die gemiaau net weer begin. Ek het weer ondersoek gaan instel en sowaar, daarbo in die boom langs ons huis, sit hierdie kleine, swart en wit, wollerige gesiggie na my en staar.

Ek moes die muur uitklim om by die katjie uit te kom. Hy was baie bang, maar omdat hy so klein was, was dit nie te moeilik om hom uit die boom te kry nie. Hy het probeer om uit my arms te spring, maar ek het gou by die huis ingegaan.

Die katjie was baie vuil en het honger gelyk. Ek het gedink dat hy miskien verlore geraak het, terwyl hy die wêreld verken het en nou nie sy pad terug kan vind nie. Toe my ma tuis kom, het ons hom na die veearts geneem. Die veearts het die katjie, wat ek Rocket gedoop het, ondersoek en gesê hy is gesond, maar te jonk vir inenting. Hy het Rocket ontwurm en vir ons 'n katjie beginnerspak en 'n maatkoppie gegee.

Rocket het opgegrooi in 'n pragtige, lang-harige kat. Hy was baie spelerig en het om hoekies vir ons gewag om ons skrik te maak, kompleet soos 'n mens. Hy het op die 17de September 2009 gesterf, deur 'n byt aan sy nek. Daardie oggend oppad skoeltoe, het ek hom op die veld, oorkant ons huis, sien lê.


One day in 2008 I was off sick from school. As I was laying in bed I heard a meowing sound, so I went outside to investigate. I looked everywhere, but I saw nothing. I went back inside and the meowing started again. I went outside again, this time I looked longer and sure enough in a tree next to our house I saw a small black and white, furry face staring at me.

I had to climb our wall to get to the kitten in our tree. He was very scared, but because he was so small it wasn't too hard to get him. I climbed down the wall and he tried to escape so I quickly ran into the house. He was very dirty and looked hungry. I thought maybe he ran away from his litter or got lost when exploring and couldn't find his way back.

When my mom came home we took him to the vet. He examined the cat, which by then I'd named Rocket, he said he was alright but was too young for vaccinations. The veterinarian dewormed Rocket and gave us a kitten starter pack which had kitten food in it and a measuring cup.

He grew up to be a very beautiful, long-haired cat. He was very playful and would hide behind corners waiting for us to give us a fright. He died on the 17th of September 2009, by a bite to his neck, I found him laying on the field opposite our house when I was walking to school that morning.


After veterinary check-up





Rocket


An adult Rocket
Written by

Friday 6 September 2013

Chloe se swangerskap | Chloe's pregnancy

Verlede jaar het ek 'n kat, met die naam Chloe, gehad. Sy was klein en baie liefdevol. Sy het oulike spin geluide gemaak. Sy was ook baie stout en gulsig. Sy het sommer ons kos vanaf ons borde gesteel of as ons vir Fluffy of Sheila 'n stukkie kaas sou gee, het sy vinnig aangehardloop gekom en dit voor hulle weggeraap. Eendag, terwyl my pa besig was om 'n mielie te eet, het Chloe naby gesit en hom dopgehou. Skielik spring sy op en gryp die mielie uit my pa se hand uit. Hy was baie kwaad en dit was die laaste strooi. 'n Week later, toe gee my ouers haar vir 'n kollega wat saam met my pa werk, wat op 'n plaas bly.

Ons wou haar laat steriliseer, maar voordat ons kon, het sy verwagtend geraak. Ons was eers nie seker nie, maar haar maag het groter en groter geraak. Soos die dae verbygegaan het, het sy elke dag na my kamer gekom en op my skoot kom lê, dan het ek haar maag gevryf en vir haar aandag gegee. Later, tydens haar swangerskap, toe haar maag nou al baie groot was, het ek weer haar maag gevryf en ek het gevoel hoe die klein katjies beweeg en teen my hand skop. Dit was 'n ongelooflike ervaring.

Soos die tyd nader gekom het vir haar om geboorte te gee, het sy begin nes skop en onder my komberse gelê. Dit het gelyk asof sy my bed en my kamer gekies het om haar kleintjies in te kry. Eendag toe kom lê sy weer op my skoot en sy het aaneen gespin. Terwyl ek haar maag gevryf het, toe voel ek iets nat. Haar water het gebreek. Ek was rêrig senuweeagtig, want ek was alleen by die huis, maar ek het baie opgelees oor katte wat geboorte gee en hoe om haar te help, so ek was in 'n mate voorbereid.

Die eerste katjie het begin kom en dit was baie pynlik vir haar, want dit was haar eerste keer dat sy geboorte gegee het. Dit het 'n halfuur tussen elke katjie geneem en sy het geboorte aan vier katjies gegee. Ons was altwee uitgeput na alles verby was. Sy het presies geweet wat om vir elke katjie te doen. Sy het die plasenta afgebyt en opgeëet en sy het hulle pels drooggelek.

Dit was nie die eerste keer dat ek gesien het hoe katjies gebore word nie, maar dit was die eerste keer dat ek stoksielalleen met die mammakat was wat geboorte gegee het. Dit was 'n wonderlike ervaring en ek dink nog soms daaraan.

Last year I had a cat called Chloe. She was small and very affectionate. She would make cute purring noises. She was also very naughty and greedy; she would steal our food from our plates or if we gave Fluffy and Sheila a piece of cheese then she would come running to steal it away from them. One day my father was eating a "mielie" and Chloe was sitting nearby watching him, all of a sudden she jumped the "mielie" out of his hand. My father was very angry and that was the last straw. A week later they gave her to my father's work colleague who lives on a farm.

We wanted to spay Chloe, but before we could she fell pregnant. At first we didn't realise that she was pregnant, but as the days went by she got bigger and bigger. She would come to my room every day and lay on my lap and I would rub her tummy and give her attention. One day when she was very big I was rubbing her stomach and I felt the kittens moving and kicking at my hand, it was an amazing experience.

As it got closer to her time to give birth she started nesting and laying underneath my blankets. It seems as though she had chosen my room and bed to give birth. One day she came to lay on my lap and she was purring a lot. I was rubbing her stomach when I felt something wet. Her water had broken. I was really nervous because I was alone at home. but I had read a lot of articles of cats giving birth and what to do or how to help them.

The first kitten started coming, it hurt a lot for Chloe because it was the first kitten and her first birth. It was about half an hour between each kitten. She gave birth to four kittens. We were both exhausted afterwards. She knew exactly what to do for each kitten, she bit the placenta off and ate it and she licked their fur dry.

It wasn't the first time I had seen the birth of kittens, but it was the first time I was alone when they were being born. It was an amazing experience and I still sometimes think about it.



Chloe giving birth.

The four kittens

3 weeks old.

Written by

Friday 30 August 2013

Een kat is die begin van vele katte in jou lewe. - Ernest Hemingway | One cat leads to another - Ernest Hemingway

My naam is Shanlan Wyngaard. Ek is 22 jaar oud. In my kinder dae was ek baie bang vir katte, omdat ons altyd honde, voeltjies en hasies gehad het. Ek het gedink hulle sal my krap of byt.

Toe ons in Taiwan was, op 12 jaar oud, het ek my eerste kat gekry.Hy was baie klein, die kleinste van die werpsel. Ek het hom eers afgewaterde melk met 'n popbottel gevoer. Toe hy sterker word, het ek hom katkos gevoer. Ek het vir hom 'n kombersie en kat sand gekoop. Die naam wat ek hom gegee het was, Kit Kat, dieselfde as die sjokolade. Hy was bruin met swart strepe, soos 'n "tabby" kat.

Ek was baie bly oor my nuwe katjie. Hy was klein en te oulik. Van daardie dag af was ek mal oor katte. Ek het 'n boek by die boekwinkel gekoop, wat my alle inligting gegee het hoe om 'n kat te versorg. Dit het ook inligting gegee oor verskillende siektes wat katte gewoonlik kry en die simptome om die siektes te diagnoseer.

Kit Kat was die begin van baie katte. Op hierdie oomblik het ek twee katte, 'n mannetjie kat, Fluffy en 'n wyfie kat, Sheila. Hulle het elkeen hulle eie persoonlikheid en hulle gee my baie plesier, alhoewel my klere altyd vol kat hare is.


My name is Shanlan Wyngaard. I am 22 years old. I was very scared of cats when I was a child, because we always had dogs, birds and rabbits. I thought they would bite or scratch me.

When I was 12 years old we went to Taiwan and I got my first cat. He was very small, the smallest of the litter. I fed him diluted milk with a baby bottle. When he got stronger I gave him cat food. I bought him a blanket and cat litter. I named him Kit Kat, after the chocolate. He was brown with black stripes, like a tabby cat.

I was very happy to finally have a cat. Currently I have two cats, a male cat, Fluffy and a female cat, Sheila. They each have unique personalities and they make me happy, even though my clothes are always full of cat hairs.


Kit Kat.

Written by